Guest Book

Fantasties lekker gewees!

★★★★★
5 5 1
Ons het dit vreeslik geniet. Plek is netjies met baie mooi uitleg. Mooi sterre gesien. Lekker kuierarea. Vriendelike eienaars wat kort-kort seker gemaak het dat als reg is met ons verblyf. Ons sal definitief hulle plek enige tyd aanbeveel. Sien julle een van die dae weer!

Fantasties.

★★★★★
5 5 1
Ons het heerlik gebly. Die kamers is ongelooflik mooi, daar is alles wat jy nodig het! Kameelboomkoelte is regtig 'n bederf in die Kalahari! Dankie, Nina Meyer, vir jou pragtige plek en vriendelikheid.

Wonderful, memorable and entertaining weekend

★★★★★
5 5 1
Dear Erick and Nina. Thank you both so much for an absolutely wonderful, memorable and entertaining weekend at your beautiful KAMEELBOOMKOELTE Lodge. I want to thank you both for the unbelievable hospitality you bestowed on us unruly “gentlemen “. Your kindness, planning, excursions, meals, braai’s and brunches were the best in the world. Thanks for the wonderful accommodation, I was really spoilt in my room with all the comfortable facilities. You both have a Lodge you can be extremely proud of, and your teamwork as a couple was amazing. Please pass on my thanks to Kruger and Johanna for the tasty and delicious meals , especially the lamb sosaties. Please ask my forgiveness for our loud and out of tune sing song and your poor pots for cymbals!! We sure had a lot of fun! Thank you Erick for the good times we all had, the memories of yester year, the Johnnie Black you allowed me to drink from your private bar, etc , etc. All the very best, and I hope you were able to have a bit of a break after we left . We hope to see you soon again. My sincere thanks and appreciation for making the trip so special and memorable. BAIE DANKIE en BESTE GROETE. Geoff.

Volmaakte selfsorg verblyf.

★★★★★
5 5 1
Kameelboomkoelte bied alles vir die selfsorgtoeris.Eenhede is van hoogstaande gehalte en fyn beplan. Kan nie aan 'n beterplek dink om te oornag op pa na die Kgalagadi nie.

Volmaakte selfsorg verblyf.

★★★★★
5 5 1
Kameelboomkoelte bied alles vir die selfsorgtoeris. Eenhede is van hoogstaande gehalte en fyn beplan. Kan nie aan 'n beter plek dink om te oornag op pad na die Kgalagadi nie.

Vir seker 'n verrassing en met Rodney wat na jou kyk, nog beter!

★★★★☆
4 5 1
Met ons reis na die Kgalagadi was meeste oornagplekke vol bespreek. As jy bereid is om 'n bietjie meer te betaal met die plekkie is jy verseker van beter standaarde en gehalteverblyf. Rodney is 'n baie goeie gasheer en ek sal weer daar oorslaap met my volgende besoek.

Soveel meer as wat verwag is.

★★★★★
5 5 1
Ons het ons een aand verskriklik geniet in Askham, veraldie verblyf en diens het ons uit die veld geslaan. Daar word baie moeite gedoen van jy daar aankom en ons is baie welkom laat voel. Ons het beslis Kameelboomkoelte bo-aan ons lysie gesit as ons weer Namibie toe gaan

Kameelboomkoelte was puik!

★★★★★
5 5 1
Gasvryheid en netheid was van topgehalte en kan nie glo hoe veilig is dit hier nie, baie dankie. Rodney was 'n ware gasheer en kan hoog aangeskryf word as opsigter, die ligging was puik in terme om die park te besoek en die rustigheid en veiligheid laat 'n persoon toe om werklik te rus. Ek sal dit enige tyd aanbeveel vir enige besoeker.

Ons het ons tydjie baie geniet

★★★★★
5 5 1
More NIna. Ons het die tydjie op Askham baie geniet. Die eenheid en oord is puik en het aan alle verwagtinge voldoen. Beslis aan te bevele aan ons vriende.